CrimeNews

Geld tussen bene en geweer teen kop

‘n Besigheidseienaar het nog ‘n syfer by die misdaadstatistiek gevoeg.

‘n Besigheidseienaar het nog ‘n syfer by die misdaadstatistiek gevoeg.

Die afgelope ruk het rowers hul wapens in vir besighede en steeds het hul teiken nie verander nie en word besigheidseienaars een vir een beroof.

Op Vrydag, 29 Julie het mnr. Jafar Chimarita homself in so situasie bevind toe hy in die loop van ’n geweer vasgekyk het terwyl hy sy winkel sluit.

“Ek het my kontantvloei saam my geneem toe ek my winkel sluit, net soos enige ander middag, maar dit het baie anders uitgedraai toe ek my kontant moes ruil vir my lewe,” het Chimarita gesê.

Hy het beweer dat hy altyd sy klein sakkie vol kontant tussen sy bene vasknyp as hy die winkel sluit,

“daar is ’n hele proses waardeur ek moet werk as ek toesluit. Ek hou nie eers meer kop met al die geld wat ek al spandeer het op ekstra sekuriteitstoebehore vir my veiligheid nie.”

Die klein besigheid van Chimarita wat geleë is in die SBG (Sentrale Besigheidsarea) het in die afgelope jaar al drie keer onder rowers deurgeloop.

“Met elke inbraak of roof vat hulle my kos uit my mond uit. Hulle besef dit nie, maar hulle maak nie net skade aan my besigheid nie maar ook aan my familie,” het hy ook gesê.

WITBANK NUUS het al vir ’n geruime tyd berig oor besighede wat beroof word en die toename in besigheidsrooftogte waarop die polisie raad en insig gelewer het.

“Besighede moet altyd probeer om die minimum kontant by hul te hou en seker te maak van enige onraad of verdagte goedere in die gebied.” Het kapt. Eddie Hall, woordvoerder vir Witbank Polisie, gesê.

Daar is ook beweer dat die meerderheid besighede wat geteiken word, klein besighede is.

“Dit is makliker vir die rowers om toegang te verkry weens die gebrek aan sekuriteit,” het kapt. Hall bygesê.

Die SAPD waarsku alle besighede om meer paraat te wees en enige onraad te rapporteer by die plaaslike polisiestasie of kontak die beheerkamer op 10111.

LEES OOK:
Naweek vir besigheidseienaars beteken besigheid vir boewe
Soveelste inbraak by besigheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button