CrimeNews

‘Gee my jou wiele of stuurwiel’

“Ek meen werk is skaars en jy het kinders wat jy moet voed, wat gaan jy maak? Steel met die doel om nie te moor nie?,”

Deesdae is dit vir boewe baie maklik om voertuie te steel na daar drie sake van kardiefstal gerappoteer is by die Witbank Polisie Stasie die afgelope week.

Op 18 Julie het mnr. Neels Venter was onrustig en het ‘n halfuur later afgekom op sy Toyota Hilux bakkie wat gestut is op bakstene.

“Ek het met my onrustigheid opgestaan die oggend en by my kamervenster uitgekyk waar alles heel rustig en stil voorgekom het. Ek het begin klaar maak om my voertuig Middelburg toe te neem vir ’n diens. Toe ek buite kom het ek afgekom op my werksbakkie wat gestaan het op ’n stapel bakstene,” het Venter gesê.

Hy het ook verder vertel dat sy slaapkamer heelwat ver is van die afdak waar die voertuig parkeer was en dus dalk nie enige geluide gehoor het nie.

cv404Brs
Die band boewe het selfs gebruik gemaak van mnr. Neels Venter se plaveiselstene om die voertuig te stut.

“Die buurman langs my se kamervenster kyk uit op my afdak en selfs hy het beweer dat hy geensins ’n geluid gehoor het nie,” het hy bygesê.

Toe Venter verder ondersoek ingestel het en die voertuig stiptelik deursoek het, het hy gesien dat die band boewe tot sy eie plaveiselstene gebruik het om die voertuig te stut.

“Hoe ek nie gehoor het dat dit besig was in my voor erf nie, kan ek nie sê nie. Ek kan wel sê dat die manne uitgeslape, stil en netjies was. Hulle het dit so professioneel gedoen dat ek dink hulle het dit al gedoen,” het Venter omgekrap vertel.

Venter is sowat ’n jaar terug ’n slagoffer gewees van voertuig diefstal asook sy dogter wat gekaap is en glo dat die stelery net nie gaan verminder nie. “Ek meen werk is skaars en jy het kinders wat jy moet voed, wat gaan jy maak? Steel met die doel om nie te moor nie?,” het hy sonder antwoord gesê.

CV404rs
Hoe mnr. Neels Venter sy Toyota Hilux die oggend gekry het in sy erf Maandag oggend, 18 Julie.

In ’n ander voorval wat op 21 Julie plaasgevind het, het die slagoffer weggekom sonder enige leed maar sy voertuig se stuurwiel is gesteel.

“Ek het by die drierigtingstop op die Ou Middelburgpad (R555) gestop soos wet sê toe twee mans my uit die bloute my deur my oop venster aanval,” het mnr. Michael Mhapo gesê.

Verder is daar vertel dat een van die verdagtes Mhapo in die gesig gestaar het met ’n vuurwapen.

“Al wat die verdagte vir my aanhoudend gesê het was om my voertuigsleutel vir hulle te gee. Die ander verdagte het dit toe reggekry om my uit my voertuig te ruk en my na die kattebak gedwing het,” het Mhapo verskrik gesê.

Dit was op daardie oomblik toe Mhapo besef het om in die bosse in te hardloop, weg van die booswigte.

“Ek weet nie wat die rowers aan my wou doen nie maar dit kon net skade wees, na ’n rukkie wat ek stil bly lê het, het ek gekyk of die rowers weg is,” het hy verder vertel.

Hy het dit aangedurf om na die pad te hardloop vir hulp waar ’n verbyganger gestop het om hom te help.

“Ek was so verbaas toe ons ry na waar die voorval plaasgevind het en my voertuig steeds daar staan. Al wat gesteel is was my stuurwiel en paar van my sonbrille,” het Mhapo gesê.

Die polisie woordvoerder sers. David Ratau het die volgende raad gegee vir veiligheid in en vir jou voertuig, “die inwoners van eMalahleni moet niks maar niks waardevol in hul voertuie agterlaat nie. Al is die item nie eers waardevol nie, bêre dit weg of neem dit saam.”

“As hulle nie parte steel nie, steel hulle wiele en as dit nie uitwerk nie steel die booswigte sommer jou hele voertuig, waar gaan dit stop?” het Venter ten slotte gesê.

READ ALSO:
Robbed of his wheels
Police recover 22 tyres valued at R60 000 each

Back to top button