CrimeNews

Inbrekers, so vinnig soos blits

Op ’n Sondagoggend is ’n inbraak die laaste ding waaraan enige gesin kan dink, veral as jy net vinnig gery het om brood te koop.

Op ’n Sondagoggend is ’n inbraak die laaste ding waaraan enige gesin kan dink, veral as jy net vinnig gery het om brood te koop.

“In ’n kwessie van ses minute en hulle is weg met alles elektronies en waardevol,” het me. Christa Cilliers gesê na ’n wit Kia Rio te gemaklik in hulle erf ingetrek het en hulle besittings gesteel het op Sondag, 28 Mei.

Die gesin het hul tuiste net na 09:00 die oggend verlaat om winkelsentrum toe te gaan.

“Ons was skaars weg, toe bel ons sekuriteitsmaatskappy om ons in kennis te stel dat ons alarm afgegaan het,” het mnr. Eugene Cilliers gesê.

CV352rs
Die hekslot wat oopgebreek is om toegang te verky tot die Cilliers-gesin se huis in die Reynorif-omgewing op Sondag 28 Mei.

Christa het na ’n rukkie begin senuweeagtig raak omdat die sekuriteitsmaatskappy hulle nog nie terug gekontak het om te sê alles is in orde nie.

“Ek het vir my man gesê ek kry nie ’n lekker gevoel nie,” het Christa gesê.

Dis toe die gesin by die huis stop en verras is met hul hek en voordeur wat oop staan.

“Ek het dadelik geskree, help ons is beroof en al ons bure het buite toe gehardloop na ons kant toe. Ek het een van my vriende gebel van die GPF (Gemeenskapspolisiëringsforum) en hy was só vinnig hier,” het sy ook gesê.

“Ons bure het dadelik op hul sekuriteitskamera’s gaan kyk en daar was dit! Hulle het vir my die videomateriaal gewys en ek was verstom,” het Christa verder vertel.

Die videomateriaal se tyd wys dat die boewe net enkele minute na die gesin hul huis verlaat het daar gestop het en ses minute gevat het om die gesin te besteel.

“Ek was verstom omdat ek die kar al ’n paar keer in die omgewing gesien het. Jy vermoed mos dan nie onraad met so voertuig nie,” het sy gesê.

Hulle buurvrou het glo die wit kar sien intrek in hul erf, maar het ook niks vermoed nie omdat Christa se voertuig ook wit is.

“Iets moes die diewe afgeskrik het, want toe ons by die huis stop was my vrou se motor aangeskakel,” het Eugene gesê.

Hulle vermoed die diewe het die alarmstelsel self gedeaktiveer omdat me. Cilliers se karsleutel, asook huissleutel op hul eetkamertafel gelê het.

Die ses minute proses vasgevang op die Cilliers se bure se kamera.

“Die bohaai het al gekalmeer toe stop ons sekuriteitsmaatskappy se reaksiebeampte eers daar sonder haas,” het hy gesê.

Van al die videomateriaal wat verkry is, kan nie een kamera die registrasieplaat opvang nie.
Daar word verder vermoed dat die diewe ’n tipe vloeistof, bekend as ‘clear lacker’ of iets wat weerkaatsing gee, gebruik om hul registrasieplate te veberg.

“Ek kan van die video aflei dat een van die diewe ook doenig was by die nommerplaat van hulle voertuig,” het Christa gesê.

Die polisie is besig om die saak te ondersoek.

LEES OOK:
Inbraak na toemaaktyd
Soveelste inbraak by besigheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button