CrimeNews

Reaksiebeampte aangeval

’n Reaksiebeampte is aangerand by ’n besigheid in Klarinet toe hy uitgestuur was deur die kontrolekamer, nadat ’n paniek-alarm ontvang is.

’n Reaksiebeampte is aangerand by ’n besigheid in Klarinet toe hy uitgestuur was deur die kontrolekamer, nadat ’n paniek-alarm ontvang is.

Op Dinsdag, 3 Mei het die kontrolekamer operateur vir mnr. Saul Zwane na die toneel uitgestuur.

“Dit was omstreeks 00:30 toe ek die alarm ontvang het en ek het hom dadelik uitgestuur. Omstreeks 01:20 was hy steeds nie terug nie, en ek het hom oor die radio geroep, hom gebel, maar daar was geen antwoord nie. ’n Paar minute later het hy my geroep en gesê dat ek hom dringend moet bel,” het die operateur gesê.

Mc532
Mnr. Saul Zwane is by ’n besigheid in Klarinet aangeval.

Zwane was glo op pad na die hek, nadat hy bevestig het dat daar niks vreemds op die perseel plaasgevind het nie, toe hy getakel en aangerand is deur onbekende mans. Volgens die kontrolekamer-operateur is hy drie keer agter die kop geslaan met ’n baksteen.
Nadat hy bevestig het dat niks verkeerd was by die perseel nie, het die ander sekuriteitswag dit bevestig.

“Ek het hom gebel en hy het my van die voorval vertel. Hy het ook gesê dat hy vier skote laat afgaan het en die ander sekuriteitswag wel die polisie geskakel het. Hulle het hom ook met pepersproei gespuit,” het die operateur verder vertel.

Nadat die skote gevuur is, het die verdagtes van die toneel gevlug en Zwane het ook gesê dat die verdagtes sy dienspistool wou vat. Die operateur het bevestig dat Zwane na ’n hospitaal geneem is, waar hy steke ontvang het, maar dat hy geen verdere ernstige beserings opgedoen het nie.

Niks is as vermis by die besigheid aangemeld nie.
Geen terugvoer was ontvang van die besigheid teen druktyd nie.

LEES OOK:
77 Jarige op plaas aangeval
Man aangeval en beroof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button