Local newsNews

Mense staan die dorre Vrystaat by

Die droogte in die Vrystaat het almal in die land in rep en roer om in nood by te staan. Nie net word water na verskeie dorpe geneem nie, maar ook voer vir die diere. Karen Schwendtke is ’n besigheidsvrou in Pretoria-Oos wat hierdie nood raakgesien het. Gerhard Potgieter, ’n diere gesondheidstegnikus vir die Departement …

Die droogte in die Vrystaat het almal in die land in rep en roer om in nood by te staan. Nie net word water na verskeie dorpe geneem nie, maar ook voer vir die diere. Karen Schwendtke is ’n besigheidsvrou in Pretoria-Oos wat hierdie nood raakgesien het. Gerhard Potgieter, ’n diere gesondheidstegnikus vir die Departement van Veeartsenykunde, Gauteng, het vir Karen ’n foto gestuur van ’n bees wat op sterwe lê. Op 12 Januarie het Karen kontak gemaak met Alzu voere en hulle het dadelik ingestem om 32 ton voer te borg.
Op 17 Januarie het ongeveer 80 mense spontaan ingestem om hul tyd op ’n Sondag op te offer en die voer asook 25000 liter water in ’n trok te laai.

Mc454-1rs
Hier is (van links, agter): Chris Theron, Marti Victor, Karen Schwendtke, Andries Bouwer en Thinus Botha; (voor): Eugenè van Wyk, wat almal op Woensdag, 10 Februarie vyf trokke voer gelaai het vir die dorre Vrystaat.

Mc454-2rs
Een van die trokke wat gelaai is met voer vir die Vrystaat.

In Griekwastad is die voer deur Deon Jacobs onder die boere versprei. ’n Hoogtepunt van die dag was ’n lam op die spit na almal se harde werk, wat ook deur ’n slaghuis geborg is.
Karen is die trotse stigter van South African Crisis Support en 27000 liter drinkwater is na Winburg ook gestuur.
Op 8 Februarie het Cassie Mostert van Silicone Smelters in eMalahleni, Karen gekontak met die goeie nuus dat Gert en Ria van Rooyen 4001.35 meter bale borg.

Op Woensdag, 10 Februarie was Karen, Marti Victor, Eugenè van Wyk, Chris Theron en Andries Bouwer op die plaas net buite eMalahleni. “Ons glo dat alles wat ons aanpak spanwerk is en ons is altyd persoonlik by elke besending,” het Karen gesê.

Vanaf 09:00 tot omstreeks 24:00, is ’n totaal van vyf trokke gelaai. Drie is na Bloemfontein gestuur en die voer is onder die boere versprei. Twee trokke is na Wepener gestuur waar dit ook vir die boere gegee is.
Twee dae later was die span weer terug op hul pos en nog vier trokke met voer is gelaai. Hiervan is twee na Virginia gestuur en Thea Smit het seker gemaak die voer kom by al die boere in die distrik uit.
Die ander twee is na Griekwastad gestuur waar Joe Smit weer die verspreiding gedoen het.

“Ons niewinsgewende organisasie bestaan uit Vrywilligers wat die boere sal bystaan en help tot die nood nie maar daar is nie. Ons glo dat ons Hemelse Vader ons sal help om hierdie taak te voltooi,” het Karen bygevoeg. “Alle eer aan Hom.”

Graag wil Karen vir Paul du Toit, Andrè en Marti Victor, Richard vir die lam, Herman Kroon, vir sy skenking van trokke vir watervervoer, bedank. Ook vir Cassie Mostert, Gert en Ria van Rooyen, Joy Kroon, Willem MacClune, Santie van Zyl en Riana van Wyk wat op Vrydag, 19 Februarie Griekwastad toe gery het om kos en koek af te lewe.

“’n Spesiale bedanking gaan aan Hendrik van Wyk en oom Clarence vir jul flink ondersteuning. Die drywers wat moedig bly en lang ure en afstande op die pad deurbring, baie dankie aan julle ook,” het Karen ten slotte eer betoon aan haar hulpspan.

Mc454-3rs
Die bewys van die enorme uitwerking van die droogte op die vee in die Vrystaat.

In September gaan die Out of Africa Pageants ’n kompetisie hou en fondse sal benut word om voer aan te koop vir die boere.

Vir meer inligting kan Karen gekontak word op Karen@schwendtke.com of 071 157 7608.

Ek rig hierdie skrywe aan SA Crisis Support en jou as stigter.

Twee vragte ruvoer is sopas deur my namens Griekwastad Grootrivier Landbouvereniging ontvang. Die ruvoer is op my plaas, Patrysfontein in die distrik afgelaai. Ek ontvang hierdie 72 bale gras met baie groot dankbaarheid, namens my lede. Ek sal die bale verdeel onder my lede. U hulp sal vir ons baie beteken. Hierdie is die ergste droogte in dekades. Emosie van dankbaarheid en nederigheid is by ons boere opgemerk met die kennisgewing van hierdie vragte voer wat op pad is. Om te dink dat God se kinders se harte so groot is dat hulle vir ons in hierdie uiters moeilike omstandighede soveel omgee. Hoe sê ’n mens dankie as jy reeds op jou knieë is? Met ’n traan in my oog sê ons baie, baie dankie vir julle hulp. Namens elke boer. Julle maak ’n verskil. Baie, baie dankie, Jesus sal julle seën.
Baie liefde en groete,

Joe.

LEES OOK:

Water crises imminent
We have water for a year

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button