CrimeNews

Operasie nodig na aanranding

’n Pa en seun is aangerand nadat hulle vroeër die dag langs ’n dam uitgespan het.

Op Saterdag, 6 Februarie, het die twee slagoffers saam met vriende gaan visvang en op pad terug van die dam af, het ’n maroen Avanza na bewering teen hul vasgery. Dit was ongeveer 15:00 die middag. Volgens ’n familielid het dit net verby ’n bekende kuierplek in OR Tambostraat gebeur.

“Die Avanza het agter teen hul vasgery, die bakkie waarmee my man gery het, het geen skade opgedoen nie, aangesien die sleepstang gekeer het. Daarna het my seun se meisie wat bestuur het, die toeter geblaas in die Avanza se verbygang, waarna die voertuig toe voor hul gestop het. My man en my seun het uitgeklim en ses mans in die Avanza het hulle begin aanrand. My seun het gesê dit lyk soos ’n drankbottel waarmee hy geslaan is. Om alles te kroon, het daar nog ’n minibus taxi stilgehou en daar het nog mense uit die bosse gekom wat ook bygedra het tot hierdie geveg,” het ’n familielid gesê.

Aanrand 1
Die beserings wat opgedoen is tydens ’n aanval op ’n pa en seun op Saterdag, 6 Februarie.

Sy het ook bygevoeg dat hulle haar man met ’n baksteen agter sy kop geslaan het, wat hom laat flou word en haar seun het 37 steke in sy arm gekry as gevolg van die bottel waarmee hul hom bygedam het.

“My seun se vriend in die bakkie het gesukkel om uit te kom, aangesien dit ’n ‘clubcab’ bakkie is. My seun het ook gesê dat hulle heeltyd my man geskop en geslaan het, en dit het gelyk of hulle hom die meeste takel. My seun se meisie het aanhoudend die polisie probeer bel, maar niemand het die telefoon geantwoord nie. Ek was by ongevalle, want ’n hond het my seun gebyt. Ek het so opgekyk en my ander kind en my man daar sien staan. Ek het nie geweet wat om te sê of te doen nie, dit was werklik die laaste ding wat ek verwag het,” het die familielid die verhaal verder vertel.

Sy het ook gesê dat hulle hospitaal toe gery het, en tydens die voorval het niemand gestop om hulle te help nie.

“Dit was net my man en my seun teen al daardie mense, en as gevolg van vorige gebeure, het dit my seun veral baie hard getref. Al hierdie dinge bly hom by,” was haar verdere woorde.
“Hulle het nie registrasienommers gevat nie, aangesien hul uit die geveg probeer ontsnap het en almal moes inspring om te help. Hulle moes ook so gou moontlik by die hospitaal gekom het, my seun en my man was vol bloed en my man se sleutelbeen is gebreek. Hy is vandag in vir die operasie om sy sleutelbeen reg te maak. Ons was met vakansie, hy moes vandag terug by die werk gewees het,” het die familielid Maandag 15 Februarie gesê.

Mc428 (1) -2rs
Bloedwonde en steke was die uiteinde vir ’n pa en seun na hul aangeval is Saterdag, 6 Februarie.

Sy het ook bygevoeg dat die verdagtes in die Avanza daarop uit was om hulle seer te maak en dat sy net dankbaar is dat hulle nie erger daarvan afgekom het nie.

“My seun se voet het verskriklik gestaan, ons vermoed dat hy net ligamente geskeur het,” het sy bygevoeg. “Ek wil net die mense aanmoedig om nie te stop nie, maak nie saak wat nie. Mens is nêrens veilig nie en dit gebeur so vinnig, voor jy besef wat gebeur het, word jy verskriklik aangeval,” het sy ten slotte gesê.


*Die slagoffers se name word anoniem gehou om hul identiteite te beskerm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button