LettersOpinion

Witbank CPF sê dankie

Soos die einde van nog 'n jaar nader kruip, is dit vir ons 'n voorreg om as EXCO van die Witbank CPF u elkeen 'n Geseende Kersfees toe te wens.

Soos die einde van nog ‘n jaar nader kruip, is dit vir ons ‘n voorreg om as EXCO van die Witbank CPF u elkeen ‘n Geseende Kersfees toe te wens.

Ons wil elkeen van u wat op die paaie gaan wees, vra om asseblief versigtig te bestuur…..moenie die spoedgrens oortree nie, geen kanse vat, en moet ook asseblief nie drink en bestuur nie.

Ons dink ook in besonder aan die mense vir wie die tyd van die jaar hulle besigste tye is……SAPS, Paramedisie, Brandweer, Dokters, Hospitaal personeel, Verkeersbeamptes en almal wat werk deur die feestyd. Julle onbaatsugtige opoffering om die gemeenskap te dien.

Ons dink ook in die feestyd aan die mense wat nie die voorregte geniet wat ons almal het nie. Laat ons binne ons vermoens probeer om ‘n hand uit te reik na die mense. Aan die van u wat iemand aan die dood afgestaan het en u eerste feesseisoen moet binnegaan met ‘n lee plekkie, mag die liefde en teenwoordigheid van ons Hemelse Vader u deur die tyd dra.

Ons as CPF wil graag u aandag vestig op n paar veiligheids werke gedurende die feesseisoen. Moenie ‘n slagoffer van misdaad word nie. Moenie jou paraatheid verslap nie………

1) Inbrake:

Daar word by die meeste wonings ingebreek sonder geforseerde toegang. Inwoners en vakansiegangers sit dikwels in die kombuis of braaikamer terwyl die voordeur of bo-deur oopstaan. Oortreders klop dikwels met die verskoning om kos of werk te soek. As niemand dan antwoord nie, loop hy of sy in en neem selfone, beursies en skoot- of tabletrekenaars wat op die tafel staan. Installeer ‘n sekuriteitshek en hou dit gesluit.

2) Diefstal:
Moenie jou selfoon, beursie of juweliersware op die strand onder jou handdoek wegsteek nie. Dit is so goed asof jy dit vir iemand geskenk gee. Dit bly ook ‘n risiko om waardevolle items in ‘n mandjie te los, soos byvoorbeeld by ‘n warmwaterswembad. Laat iemand toesig daaroor hou. Wat toerusting op huishoudelike persele betref, moenie goedere soos ‘n tuinslang, ‘n leer of ander goedere buite op die werf los nie. Die waarskynlikheid dat dit gesteel gaan word is net te groot.

3) Diefstal uit motorvoertuie:

Sluit alle los goedere en waardevolle goed in jou voertuig se kattebak toe. Maak ook seker dat jou voertuig gesluit is. Parkeer jou motorvoertuig snags naby ‘n straatlig en nie op ‘n donker plek nie. Skootrekenaars, digitale kameras, selfone, beursies en kruideniersware is algemene goedere wat dikwels gesteel word.

4) OTM’s
Bêre jou bankkaart se gehieme kode of pinnommer op jou selfoon onder ‘n kode en nie op ‘n papiertjie in jou beursie nie. Moenie iemand om hulp vra of toelaat dat iemand jou probeer help sonder toestemming nie. As jy onveilig by ‘n OTM voel rapporteer dit en gaan na ‘n ander een om jou transaksies te doen. Wees bedag op enige vreemde of onbekende toestelle naby of op die kaartgleuf. As jou kaart gesluk word, staan by die masjien en rapporteer dit onmiddellik telefonies aan die bank.

5) Rooftogte
‘n Verlate strandgebied is gevaarlik. Moenie vroeg soggens of laataande alleen gaan stap nie. Loop in groepe. Hengelaars moet liefs nie alleen, veral nie op afgeleë rotse hengel nie.

6) Algemeen:
Wees geduldig in die verkeer. Maak afdrukke van jou ID, bestuurslisensie of ander belangrike dokumente. Neem foto’s van waardevolle eiendom en reeksnommers. Hou dit op jou selfoon waar dit vinnig en maklik beskikbaar is om ‘n beskrywing daarvan te gee indien dit gesteel word. Handhaaf goeie buurmanskap. Wees waaksaam en voorkomend.

Mag u as gemeenskap van Witbank ‘n ware Christusfees beleef, geniet die spesiale tyd saam u geliefdes en mag ons met God se genade vir mekaar gespaar bly vir die nuwe jaar.

Dankie vir almal se ondersteuning, opoffering en hulp in 2015…..met u ondersteuning kan die Witbank CPF 2016 ‘n groot jaar maak vir die gemeenskap.

WITBANK CPF GROETE
Aaron Khumalo (Voorsitter), Daan du Toit (Onder Voorsitter), Madelon Troskie (Skakelbeampte), Louis Rorich (Tesourier), Gert v Tonder (Koördineerder) en al die Sub-Sektor Voorsitters

Back to top button