Local newsNews

Nog ’n ongeluk in OR Tambo

Nie net het ’n trok verlede week sy vrag verloor nie, ’n kar het ook die naweek met ’n lamppaal kennis gemaak op dieselfde plek.

Nie net het ’n trok verlede week sy vrag verloor nie, ’n kar het ook die naweek met ’n lamppaal kennis gemaak op dieselfde plek.

Kommentaar op sosiale media het vlam gevat na ’n tweede video op facebook geplaas is van nog ’n ongeluk in OR Tambostraat, waarin ’n Renault Clio teen ’n lamppaal gebots het op Saterdag, 14 November, omstreeks 15:00.

Die drywer beweer dat hy by die draai af gekom het, na Gordonstraat se kant. Hy was agter ’n ander kar, waarna hierdie kar sy konsentrasie op die pad verbreek het en hy teen die lamppaal vasgery het. Dit volg nadat hy beheer oor sy voertuig verloor het.

Mc315rs
Die Renault Clio wat teen die lamppaal gebots het in OR Tambostraat op Saterdag, 14 November (Foto: Samantha Traill).

Die drywer, wat oorspronklik van Johannesburg is, het geen beserings in die ongeluk opgedoen nie.
Nadat die trok op Maandag, 9 November sy vrag hier verloor het, het inwoners van eMalahleni al begin vrae vra rakende hierdie draai. Na hierdie voorval Saterdag het mnr. Theo van Vuuren, waarnemende munisipale bestuurder, ’n oorvloed boodskappe en vrae ontvang.

Op sy facebook-blad het vrae ingestroom en oplossings is aangevra vir dié straat wat al meer as een lewe geëis het. Hy het op Sondag, 15 November ’n lys van prioriteite wat aandag moet kry, op hierdie sosiale media platform uiteengesit. Op nommer 12, stel hy dat hy gaan werk maak van OR Tambostraat en opsies oordink vir die pad om moontlik beveilig te word. Nog geen terugvoer was beskikbaar van mnr. Lebohang Mofokeng, munisipale woordvoerder, teen druktyd nie.

Check Also
Close
Back to top button