Local newsMunicipalNews

Inwoners raak vies oor vullis

Dit blyk egter dat die probleem by ’n te kort aan vullis trokke lê.

Van rondloper honde, huislose mense tot beeste wat in vullis wy, is talle uitbreidings, onder andere Model Park, Hoëveld Park, Reyno Rif en vele meer se vullis sakke besig om elkedag meer en meer op te hoop.
Die inwoners van eMalahleni is raadop oor die afgelope drie weke se gesukkel met die vullis verwydering dienste.

“Dit is reeds die derde of vierde week dat die vullissakke op die sypaadjies akkumileer wat tot gevolg het dat ‘n mens feitlik elke oggend die terrein rondom die sakke moet opruim nadat rondloper honde en ander onbekende wesens ‘n “midnight feast” op die stortingsterrein gehou het.” Het Leon Nel frustreerd gesê.

Dit blyk egter dat die probleem by ’n te kort aan vullis trokke lê.

“Die grootste probleem wat ons ervaar is die beskikbaarheid van voertuie en ons fokus is om meer vragmotors te kry op die pad. Ons het 8 vragmotors op die pad , teen die vereiste wat 16 moet wees.” het Theo van Vuuren op sy gemeenskap blad verkondig

CV52brs
Hope vullis sakke in Model Park wat by die week op hoop

Inwoners het hulle frustrasies omtrent uitgehaal op die sosiale netwerk, “facebook” met ende lange boodskappe wat soebat, smeek, mooi vra en kommentaar lewer oor die betaalde diens wat nie plaasvind nie,

“Ek hoop net die vullis verwydering gelde word ook verwyder van ons rekeninge , omdat ons as belastingbetalers nie daardie diens het nie!”

is bygevoeg deur Martin Fourie, selfs boodskappe van mense wat die probleem al in eie hande wil neem het die rondte gedoen.

“Ek word sommer van vooraf kwaad. Hier in Hartebees str is ook beeste en die mooiste twee reier voëls en nou is dit ñ vieslike gemors hier voor ons!! Mnr Theo kom maak ñ plan!!!! Kan ons DA ouens en wie ook al nie help ingryp nie. Al waaraan ek kan dink is om maar die inwoners te kry en ñ paar sakke en bakkies en self te begin doen. Ek kan ongelukkig vrou alleen dit nie doen nie,” was Fienie Wuestenenk se kommentaar oor die probleem.

Theo van Vuuren het op 7 September ’n weeklikse skedule geplaas op sy gemeenskap blad wat aandui op watter dae die vullis trokke beskikbaar gaan wees in sekere uitbreidings, maar tot dusver is die probleem nog nie afgehandel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button