CrimeNews

Verdagtes skiet op polisie

Twee polisiebeamptes is gelukkig om vandag nog te leef, nadat daar vroeër die week op hulle geskiet is.

Op Dinsdag 14 Julie het beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ‘n roetine patrollie gedoen deur die strate van eMalahleni. “Terwyl hulle gepatrolleer het, het hulle besluit om karre te stop en ‘n deursoek te doen,” het sersant David Ratau, polisiewoordvoerder gesê.

Die beamptes aan diens het in Longfellowstraat, Uitbreiding 8, gestaan en wag vir ondersteuning, aangesien daar minstens vier lede teenwoordig moet wees om voertuie te deursoek. Terwyl die beamptes gewag het, het hulle ‘n silwer Audi A4 gesien nader kom. “Voor die ander polisievoertuig daar opgedaag het, het hierdie Audi se insittendes op die beamptes begin skiet. Een van die koeëls het die windskerm in die middel getref en regdeur gegaan tot by die bak, aan die agterkant van die bakkie,” het Ratau gesê.

Ratau beweer dat die insittendes van die Audi hierdie skote op ‘n taktiese manier beplan het.
Na verdere ondersoek het polisie die leë voertuig gekry. “Ons vermoed hulle het die Audi gelos en met ‘n ander voertuig gevlug. Hulle weet nou die polisie weet met watter kar hulle gery het en hulle is onseker of die polisie hulle wel gesien het, ook of die beamptes die voertuig se registrasie-nommer neergeskryf het. Ons vermoed dit is die rede waarom hulle die kar gelos het. Hulle weet ook die polisie sal nou op die uitkyk wees vir hierdie kar,” het Ratau bygevoeg.
“Ons is net dankbaar daar was geen beserings en dat niemand raakgeskiet is nie. Dit is nou al die tweede skietery in ‘n kwessie van twee aande,” het Ratau met ‘n dankbare hart gesê.

Die Audi staan tans by Witbank SAPD.
*Daar is Maandag 13 Julie ook op die polisie geskiet tydens ’n sekerheidswa-roof in Gordonstraat. ’n Polisieman is gewond in die bene en word tans in die intensiewe-eenheid van Life Cosmos Hospitaal behandel.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

Check Also
Close
Back to top button