CrimeNews

Kruideniersware gesteel uit kattebak

Indien karwagte ‘n fooitjie ontvang om seker te maak jou kar is veilig, is jou kar werklik so veilig?

Op Vrydag 24 April omstreeks 14:30 was ‘n egpaar beroof van hulle maand se kruideniersware terwyl hulle in ’n plaaslike slaghuis was. Die kruideniersware wat hulle gekoop het was in die kar se kattebak. Toe hulle uit die slaghuis uitkom, was al hulle kruideniersware uit die kar gesteel.

Me. Leanda Engelbrecht sê dat hulle seker gemaak het die kar is gesluit en dat hulle al die motorhek sleutels getoets het wat die skelms na bewering gebruik. Dit werk nie met die Suzuki SX4 wat hulle ry nie. Hulle is bewus van hoe die motorhek sleutels gebruik word en maak dus altyd seker dat die kar gesluit wanneer hulle uitklim. Maar wat hulle wel agter gekom het is dat haar ouers se Navara sleutels haar kar oopsluit.

Nadat hulle die karwag gevra het, het hy gesê dat hy van niks weet nie en dat hy niks verdag opgemerk het nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C00F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button