Local newsNews

Brand verwoes lapa in Kriel

Die glasdeur wat van die lapa na die huis gaan het gebars van die hitte en gelukkig was niemand in die brand beseer nie.

Mens se huis is jou troos en jou veilige vesting. Maar op Dinsdag 28 April omstreeks 03:00 het me. Helda Cronje se grasdak lapa in haar erf tot op die grond afgebrand. Volgens Mnr Edwin Nel van Kriel Ga-Nala 911 het die bure gesê hulle het wakker geword van die rook wat by die vensters ingekom het. Die glasdeur wat van die lapa na die huis gaan het gebars van die hitte en gelukkig was niemand in die brand beseer nie.

Cronje se dogter Cornelie Cronje (20), het die Kriel Ga-Nala 911 groep geskakel en gesê dat daar ‘n brand in die erf is. Die polisie was vinnig daar om te help en so ook die brandweer en so ook die mense van Kriel Ga-Nala 911. Terwyl die brandweer besig was om die vlamme te blus het die bure ook gehelp en met ‘n tuinslang die vlamme naaste aan hulle bygekom.

Die lapa wat afgebrand het. (Foto: Kriel Ga-Nala 911).
Die lapa wat afgebrand het. (Foto: Kriel Ga-Nala 911).

Die oorsaak van die brand is nog onbekend, alhoewel Cronje beweer dat daar geen ligte of drade naby aan die lapa was wat die brand kon veroorsaak het deur ‘n kortsluiting nie. Daar was ook geen donderweer of weerlig nie. Die lapa het ‘n jacuzzi in gehad en ook wasgoedlyne in tye van reën. Dit was ‘n ontspannings area en gelukkig het die brandweer en helpers die vuur betyds gestop aangesien deel van die kombuis ook ‘n grasdak het en ook huise naby.

Dit wil voorkom asof die brand by die lapa begin het, maar niks is nog vasgestel nie. Die lemmetjiesdraad wat om die huis is, was ook platgetrap gewees. Cronje en haar dogter was die aand alleen by die huis toe die brand begin het. Sy wil graag net almal bedank wat haar gehelp en bygestaan het. Almal was baie vinnig daar om te help.

Hierdie deel van die huis was aan die lapa vas. (Foto: Kriel Ga-Nala 911).
Hierdie deel van die huis was aan die lapa vas. (Foto: Kriel Ga-Nala 911).

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C00F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

Back to top button