CrimeNews

Inbraak kos duisende

Ongeag van versterkings weens vorige inbrake, was dit nie ’n keer vir diewe om weereens toe te slaan nie.

Op Maandag 8 April omstreeks 05:00 was daar ’n inbraak by Auto Magic Paneelkloppers in Industrial Crescent.
‘n Rekenaarskerm met ’n geskatte waarde van R6 000 is gesteel. Daarmee saam is ’n wit boks, wat kliënte se motorsleutels bevat wat daagliks deur die paneelkloppers reggemaak word, ook weg. Ongeveer 17 karre se sleutels was in hierdie boks toegesluit.

Die diewe het ingekom aan die agterkant van die gebou. Hulle het die plate slegs oopgebuig en deur ’n baie klein spasie gekruip. Die sekuriteitskameras was gedraai en die verdagte/s se gesig kon nie op die kamera gesien word nie.
Die sekuriteitsmaatskappy het reageer op die alarm wat afgegaan het, maar het niks verdag gesien nie.
“Aangesien die sleutels van die karre ’n bruin kaartjie met persoonlike inligting bevat, vir die besigheid se kantoorgebruik, moet al hierdie karre se sleutels vervang en verander word. Die skade hiervan is ’n geskatte R200 000,” het mnr. Andrè Gouws, eienaar, gesê.
Die sleutels moet deur die vervaardigers gedoen word aangesien sommige karre in ander lande gemaak word.

Mnr. Gouws vra van inwoners en omliggende gebiede om op die uitkyk te wees vir hierdie boks met die sleutels in. ’n Beloning word aangebied as hierdie boks met die sleutels in, opgespoor word.

Die saak word ondersoek.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C00F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

Back to top button