CrimeNews

Verdagte duik deur venster om vrou te roof

“Ek het die geweer oorgelaai, reg om te skiet... ek het geweet dis of sy lewe of myne... ek het die sneller getrek maar dit het net so ‘gekliek’ en die skoot wou nie af gaan nie...”

’n Flikker van vrees flits deur die vrou se oë as sy onthou hoe sy, vrou alleen, haar grootste nagmerrie in die gesig moes staar en hulpeloos voel toe haar vuurwapen faal.

’n 55-jarige vrou, woonagtig in Del Judor, het vertel hoe sy Woensdag 7 Januarie verras is deur ’n rower, gewapen met ’n mes. “Dit was seker so 13:20, en ek het in die kamer gesit besig om foto’s van my kinders uit te sorteer toe ek ’n gekrap hoor voor by die deur,” het sy begin vertel. “Ek het toe deur toe geloop en gekyk, maar daar was niemand. Toe ek terug loop in die kamer, sien ek die man daar buite die venster staan.”

Die vrou vertel dat die verdagte die venster van buite af probeer oopmaak het toe sy hom dreig om die polisie te bel. “Hy het toe so om die huis gehardloop… ek het eers gedink hy wil vlug… maar daar was net iets in sy oë wat my laat dink het om my geweer uit die kluis te kry.”
Die vrou het skaars haar .22 pistool in die hand gehad toe sy die hewige slag hoor van glas was breek. “Hy het deur die glasvenster langs die voordeur geduik om in die huis in te kom.”

Lees die volle berig in WITBANK NUUS Vrydag, 16 Januarie.

Hy kan geidentifiseer word en was laaste gesien in ’n vuil wit T-hemp en oorpak-broek. Enigiemand wat verdagte persoon(e) in die Del Judor en nabye omgewings gewaar moet dadelik die polisie kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button