News

Laerskool Klipfontein hardloop kringe om kompetisie tydens sportbyeenkoms

Klippies maak wen maklik lyk tydens kring-atletiekbyeenkoms met hope medaljes

Laerskool Klipfontein was die gasheer vir die Nkangala Kring 2-atletiekbyeenkoms.

Op 7 Februarie het Laerskool Klipfontein saam met 22 ander skole in die Nkangala Distrik die hitte en die sportveld aangedurf vir goeie atletiek.

Awie de Jager.

Uit die 22 skole het Laerskool Klipfontein eerste plek behaal met goue medaljes, Edward Matyeka Primary School in tweede plek en Blackhill Schoongezight Primary derde plek.

Individuele uitslae van die totale uitkoms in die seuns-afdeling het Klipfontein eerste, tweede en derde plek behaal.

Christiaan Els.

Die dogters het eerste en tweede plek behaal.

Keagen Veldman.

Thokozani Kachelenga eerste, Alex Veldman tweede en Willie Steenkamp derde.

In die dogters-afdeling was Ané Els eerste en Mieke de Klerk tweede.

Mikhe La Grange.
Laerskool Klipfontein het 42 goud, 25 silwer en 21 brons medaljes verower.

Plaaslike skole is tans besig om kring-atletiek te hou.

Volg WITBANK NUUS vir al die uitslae rakende die kring-byeenkomste.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

 

 

 

 

 

Back to top button