CrimeNews

Pasop vir langvinger-grypdiewe by OTM’e

“Dit het so vinnig gebeur! Voor ek kon kans kry om iets te doen was hul klaar weg!”

“Dit het so vinnig gebeur! Voor ek kon kans kry om iets te doen was hul klaar weg!”
het mnr. Paul Schoeman vertel na hy onverwags ’n teiken geword het van vermoedelike grypdiewe by ’n outomatiese teller masjien.

Dinsdag 15 Julie, vertel Schoeman hoe hy by Pick n Pay, Klipfontein gestop het om geld te trek by die OTM, toe die voorval plaasgevind het. “Ek kon nie die kaart by die masjien in kry nie,” onthou Schoeman en reken dat iets die kaartslot geblok het.

Hy onthou hoe twee mans langs hom kom staan het, kastig om hom te  “help”. “Ek wou nog vir hul sê: ‘Los! Ek sal mos nou self reg kom!’ Toe’s hul al reeds weg met my kaart.”

Die verdagtes het glo voor hul vinnig verdwyn het, Schoeman probeer oorreed dat die masjien sy kaart gesluk het. “Na ek agtergekom het dat hul my kaart gevat het, het ek vinnig bank toe gegaan om die kaart te stop,” vertel Schoeman verder.

*Pick n Pay is ook gekontak (voor druktyd) oor die vorval, maar het gesê dat die saak nog nie by hul sekuriteit aangemeld is nie.

Back to top button