Local news

Fotograwe sny sambrele stukkend vir die perfekte foto

Kosmos Fotografie Klub moedig beginners aan om meer te kom leer oor fotografie.

Kosmos Fotografie Klub is druk besig om foto’s te neem.

Een van die onderwerpe wat hulle moes afneem was ’n foto wat klank uitbeeld.

Rehet Cilliers het die junior afdeling in dié tema gewen en Hendriet Prinsloo die senior afdeling.

‘Let the keys tell the story.’ Foto: Hendriet Prinsloo.

Daar was ook ’n kategorie waarin fotograwe die kans gekry het om met sambrele en beligting te speel.

Hierdie was ietwat moeiliker omdat fotograwe gate in ’n sambreel moes sny en die beligting deur die sambreel moes deurskyn en dié moes ook op die grond  skyn.

‘Beautiful daughter.’
Foto: Santie Kruger.

Met die enorme taak in die hand het Sakkie Goosen die senior afdeling gewen en Susan Pienaar die junior afdeling.

Die junior ope afdeling is deur Santie Kruger opgeraap en die senior afdeling deur Olga Collet-Serret.

‘The heart of a dandelion.’ Foto: Olga Collet-Serret.

Kosmos Fotografie Klub het dié komende Vrydag weer ’n byeenkoms.

Dié byeenkoms vind Vrydag 25 November om 18:00 Indlela Country Lodge in Nitastraat Del Judor uitbreiding 4 plaas.

“Kosmos Fotografie Klub is nie net ’n klub waar fotograwe bymekaar kom en foto’s kyk nie, ons is anders en ‘n familie,” het mnr. Jannie van Niekerk van die fotoklub gesê.

‘Kyk sussa kyk.’ Foto: Susan Pienaar.

Die klub bied gereelde werkswinkels aan.

Jannie het afgesluit en gesê die klub konsentreer baie om beginners te help en hulle word nie aan die genade oorgelaat nie.

‘Santie se dogter.’ Foto: Sakkie Goosen.

As jy deel wil word van die fotografie klub skakel gerus vir Jannie: 073 560 9536 of Sakkie 072 413 6569.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Back to top button