Local newsNews

Hond soek na ongeluk op N4

Flash het by die bakkie se venster uitgespring en die veld ingehardloop.

’n Skaaphond, genaamd Flash, is soek nadat hy en sy eienaar vroeër die week in ’n voertuigongeluk betrokke was.

Die ongeluk het Maandag, 24 Oktober omstreeks 15:30 naby die Balmoral/ Highveld Steel-afdraai op die N4 gebeur toe mnr. Shane Botha in ’n storm beheer oor sy bakkie verloor het.

Die bakkie het gegly op olie op die padoppervlak en ’n paak keer gerol.

Flash het by die bakkie se venster uitgespring en die veld ingehardloop. Hy is sedertdien soek en is laaste in die Bapsfontein-area gewaar.

Botha het ribbes gebreek en harsingskudding opgedoen.

Mnr. Riaan Vorster, ʼn famielievriend, het gesȇ dat Botha weens sy beserings nie self na Flash kan gaan soek nie. “Ons het op alle moontlike groepe hulp gevra, asook alle instansies wat kan help soek,”

Flash is vier jaar oud en is deur Botha aangeneem nadat hy ‘gered’ is.

Indien enigiemand inligting het of vir Flash iewers gewaar, skakel dadelik vir Riaan: 061 405 4346 of Shane: 082 567 9177.

Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button