Local newsNews

Skole atletiek bring sportmanskap en gees bymekaar

Ouers in volle gees en trots vul die Taalfees paviljoene om die leerders te ondersteun in verskeie sportsoorte.

Laerskool Taalfees het die naweek skole atletiek op hul sportvelde aangebied waar skole aan verskeie items moes deelneem soos lang- en kortafstand atletiek, diskus, spiesgooi en hoog- en verspring asook hekkies.

2. Francois Odendaal, Mshathi Dlamini, Johine Pretorius en Leonydus Stantan.

Almal was netjies geklee in hul sportdrag en ouers gillend op die paviljoene het gewys hoe trots leerders op hul skool is en ouers op hulle kinders wat deelneem.

Heerlike kosstalletjies en stalletjies wat allerlei items verkoop het, was by die ingang te vind vir dié wat honger of dors was of opsoek is na ietsie ouliks. Daar was ook vir die kinders sandkuns en gesigverf.

Ava Grieb.

In die o.12 seuns hoogspring het Francois Odendaal van Bethal 1.32m gespring en ʼn eerste plek behaal. Mshathi Dlamini van Witrivier Laerskool het ʼn 1.23m hoogte behaal en ʼn tweede plek gevat.

Johine Pretorius en Leonydus Stantan van Laerskool Taalfees het albei 1.20m hoog gespring en gelyk g

Francois Odendaal.
Uyanda Mofokeng.

eëindig..

 

 

In die meisies o.12 verspring het Uyanda Mofokeng gewen met 3.61m, Lelani Stolz met 3.53m, Mieke Venter het ʼn derde plek behaal met 3.42m en Ngobeni Xirhandzwa ʼn vierde plek met 3.39m.

Ilke Jansen van Laerskool CR Swart het ʼn eerste plek behaal in die o.12 meisies 70m hekkies met ʼn tyd van 1.16 sekondes.

In die diskus-gooi het Craydon Naudé van Laerskool Taalfees ʼn eerste plek behaal in die o.12 afdeling met 22.69m.

Kian Beukman het ʼn eerste plek behaal in die o.12 75m hekkies in 13.57 sekondes en Emmaneul Masengwa van Robert Carruthers Skool met ʼn sterk tweede plek.

3. George Notnagel, Mia Lee Kleynhans en Mable Notnagel.

In die dogters onder 13, 75 meter hekkies het Anné Els van Laerskool Klipfontein tweede gekom en Ntando Ntuli eerste plek behaal in 14.78 sekondes.

Jandro Pretorius van Laerskool Kruinpark het ʼn eerste plek behaal in die 70m hekkies.

Logan Jansen van Nieuwenhuizen van Laerskool Taalfees het eerste gekom in die 60m atletiek in die o.7-afdeling.

Sy ma, Zané Jansen van Nieuwenhuizen het gesê dat sy so trots op haar ‘grootman’ is.

 

Share your news tips via: Telephone: 013 656 2490 Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button