Local news

VLU Azaria-tak glinster soos sterre in die oë

Dié tak het op lente dag vergader met ou brilrame in die hand vir hul kongresprojek: ‘Ons oë is belangrik’.

 

Die Vroue Landbou-unie se Azaria-tak kyk met nuwe oë na ou brilrame en waardeer die twee geskenke wat elkeen van die dames elke oggend kan oopmaak ‒ hul oë.

Dié tak het op 1 September vergader en onder andere gesels oor die VLU se kongresprojek: ‘Ons oë is belangrik’.

Die projek behels die skenking van ou brilrame wat gebruik gaan word om nuwe brille te maak vir minderbevoorregtes.

Rina Breedt, Hanlie Potgieter, Hendriët Prinsloo, Judith Cilliers en Micheline van Rensburg met truitjies wat Margaret Fisher gebrei het asook lensskoonmaakpakette verskaf deur Hanlie.

Azaria-tak voorsitter, Hendriët Prinsloo het vertel dat die tema van die dag ’n unieke en toevallige oorsprong het.

Haar seun se oog is getref met ’n sagte muurbalbal en sy het ’n boodskap ontvang gedurende die oggend van die voorval wat gelees het: “Ek het vanoggend twee geskenke oopgemaak ‒ my oë.”

Só het die reëlings en tema in plek geval en die dames het bymekaar gekom vir die vergadering met ou brilrame in die hand.

Soos altyd, het die VLU nie teruggehou met die pret nie.

Agter: Margaret Fisher, Marien Müller en MC Oosthuizen. Voor: Heila Engelbrecht, Martie Engelbrecht, Leilani Pike, Annemarie Bronkhorst en Bets van der Bank.

Hanlie Potgieter het interessante inligting gegee oor oë en baie vrae beantwoord.

Margaret Fisher het pragtige truitjies gebrei om vir minderbevoorregtes te skenk.

Margaret is in die aftree-oord en verwelkom enige oorskiet wolletjies.

Micheline van Rensburg het vertel oor gemmer en heuning, die produk van die jaar en Judith Cilliers het vertel van Suzanne Walsh, die VLU se skrywer van die jaar.

Hendriët Prinsloo oorhandig ʼn plant aan Rina Breedt.

Natuurlik was daar ook ’n kleurvolle aktiwiteit wat by die gesellige atmosfeer gepas het en Hendriët Prinsloo het die dames gewys hoe om rose maklik uit lint te vou.

Die pret het nie daar gestop nie, want die tak het ook ‘tannie’ Rita Breedt geluk gewens met haar nuwe posisie as ’n volwaardige beoordelaar nadat sy al vier afdelings in haar eksamen geslaag het.

Hendriët het laggend vertel dat ’n tak-dame wat baie slim is, ‘tannie’ genoem word.

MC Oosthuizen en Annemarie Bronkhorst.

‘Tannie’ Rita het die voorreg gehad om by haar eie tak vir die eerste keer te kon beoordeel en die tak is baie trots op haar.

Een ding kan duidelik sonder ’n bril gesien word: Die VLU se Azaria-tak hou nie terug met enige projek of prettige aktiwiteit nie.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 of epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button