Local newsNews

Jong man vanoggend in Wattlestraat geroof en blykbaar gesteek

Die jong man wat blykbaar gesteek is tydens ’n beweerde rooftog is hospitaal toe geneem.

’n Jong man is vanoggend klaarblyklik gesteek tydens ’n roof in Wattlestraat.

Mnr. Wikus Steenkamp het vertel hy is steeds geskok oor die voorval wat hy voor ’n veiligheidskompleks aanskou het terwyl hy vanoggend omstreeks 06:35 op pad was om sy kinders by die skool af te laai.

Steenkamp het gesê daar was ’n Amarok voor hom en dié het reg langs twee mans gestop wat gestoei het.

“Ek het nog gevra wat gaan hier aan toe ’n man opstaan en nonchalant wegstap. Die ander man, ek skat hom in sy vroeë 20’s het in die kompleks ingeloop en sy trui en hemp uitgetrek,” het Steenkamp vertel.

Hy het stadig agter die seun aangery om te hoor of hy oukei is toe die seun ’n vrou in ’n Fortuner stop en vra vir hulp omdat hy gesteek is.

“Dis toe dat ek eers hoor die man is geroof,” het Steenkamp vertel.

Steenkamp het gesê die man wat weggestap het was netjies aangetrek en het met ’n arrogante houding weggestap asof niks gebeur het nie.

Deel jou nuusbrokkies met ons 

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button