Local newsNews

Twee wandelende seekoeie gevind

Die twee seekoeie het sowat 7km verder gestap en hulle in ’n dam op die Verenapad tuisgemaak.

Jumbo en Jakkie, die twee seekoeie wat hulle intrek op mnr. Jumbo van der Merwe se plaas geneem het, het ’n nuwe tuiste gevind.

Na meer as ’n week se leidrade opvolg het mnr. Piet Wassenaar die paartjie in ’n dam op die Verenapad gekry.

Ongelukkig is die dam baie naby aan huise en ook die teerpad en daar word gevrees dat hulle dalk net amok mag maak.

Piet, wat ’n permit van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap het, het gesê die twee kan ongelukke veroorsaak en die huisbewoners naby die dam is ook in gevaar.

“Seekoeie het ’n reputasie vir aggressie en is baie territoriaal. Hulle lyk dalk of hulle waggel op land, maar kan ’n ongelooflike spoed op ’n kort afstand opbou. Hulle word beskou as een van die gevaarlikste diere en is verantwoordelik vir die meeste menslike sterftes,” het Piet gesê en mense gewaarsku om uit die twee se pad te bly.

Kyk die video hier:

Jumbo en Jakkie het Woensdag, 13 April hulle opwagting op mnr. Jumbo van der Merwe se plaas op die Zaaihoekpad gemaak.

“Die twee was nie eers 40 meter van my voordeur af nie. Een van my plaaswerkers het hom asvaal geskrik toe hy op die seekoeie afkom wat eers lekker in die kikoejoegras gewei en toe rustig afgewandel het dam toe,” het Jumbo vertel.

Die seekoeie het eers in Middelburg gekuier voordat hulle hulself op Jumbo se plaas tuisgemaak het.

LEES MEER

https://www.citizen.co.za/witbank-news/192303/middelburg-se-seekoeie-het-in-emalahleni-kom-kuier/?fbclid=IwAR0Y_Xg4sAs1rKntwCzxjYV4_QCMcixeyCjPAryt6_oYV5sua4wVnGzG-Xw

https://www.citizen.co.za/witbank-news/192410/jumbo-se-gaste-het-geboek-vir-die-paasnaweek/?fbclid=IwAR1kCY8gyVG6WWyTd8cyE5QNTfyAEGTLQ1cK2VdbMqBVX2HE2JQpw8LacPc

https://www.citizen.co.za/witbank-news/192369/seekoeie-gaste-se-gou-hallo-en-verdwyn-weer-onder-die-water/?fbclid=IwAR1BtX2oZxGDAGLSj3n3mwQQcWs1Ac2yqXRGSpsidr_LWHwzCtGrnns3Xyo

https://www.citizen.co.za/witbank-news/192457/krokodille-by-seekoeie-gewaar/?fbclid=IwAR1MMeG5TfcmFrN56eXQHrdiImXiEVJ2yVG3HD_xdB3lEcn24hPstAFKBgQ

Share your news tips via: Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button