Local newsNews

Krokodille by seekoeie gewaar

Sien die nuutse video van die seekoeie hier.

Twee krokodille is in die dam waar die seekoeie ‘plak’ gewaar.

” Ek skat die een krokodil is oor die twee meter lank,” het mnr. Piet Wassenaar gesê.

Piet wat ‘n permit het om probleemdiere te vang het gesê die groot krokodil het verlede jaar een van mnr. Jumbo van der Merwe se kalwers gevang.

Die twee seekoeie wat vroeër die week in die dam op Jumbo se plaas ‘ingeboek’ het, baljaar nog al te lekker in die water.

Piet het gewaarsku dat al vier die diere uiters gevaarlik is.

Jumbo het gesê die mense stroom na sy plaas op die Zaaihoekpad, maar hy het ook gesê hy gaan die publiek nie meer op sy plaas toelaat nie omdat hy aan die veiligheidsaspek dink.

LEES MEER:

Jumbo se ‘gaste’ het geboek vir die Paasnaweek
Middelburg se seekoeie het in eMalahleni kom kuier
Seekoeie-gaste sê gou ‘hallo’ en verdwyn weer onder die water

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of  Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button