Local newsNews

Wat is ’n feesseisoen sonder ’n vlooimark?

Vlooimarkte bly maar ‘n lekker uitstappie.

In eMalahleni is dit al vir jare ’n tradisie in baie huishoudings om naweke reguit vlooimark toe te gaan, veral Saterdae.

By Pick n Pay se vlooimark kan jy iets van alles kry, asook iets vir elke ouderdomsgroep en smaak.

Op 18 Desember het die inwoners dit weereens geniet, nie net om deur die rye stalletjies te stap nie, maar ook sommer Kersinkopies te doen.

Die vlooimark word regdeur die jaar, elke Saterdag gehou en almal word hartlik uitgenooi om deel te wees van dié nostalgiese en outentieke ondervinding.

Deel jou nuuswenke met ons via

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram,

Twitter

Witbank News App

Facebook page

Witbank News Breaking

Back to top button