Local newsLocal sportNewsSport

Kolskote is boogskuts van eMalahleni se kos

Die Afrika Spele word in Desember 2021 gehou waar die vyf skuts gaan deelneem teen vyf ander Afrika lande.

ʼn Uiters passievolle boogskut het drie jaar terug sy liefde agter die boog gevind nadat hy net as sy seun se grootste ondersteuner ook begin het. Vandag kan mnr. Ryk Gagiano met trots sê dat hy gekies is as een van die skuts wat Mpumalanga gaan verteenwoordig in die ‘National Archery in the Schools Program’ (NASP) SA’s.

Die kompetisie is vir alle skoolkinders van die ouderdom van 10 jaar af. As hoof-koördineerder van Mpumalanga asook ’n afrigter, het Ryk verder vertel oor wat die kompetisie lekker maak.

“Wat ons program so lekker maak is dat mamma en pappa hulle eie afdeling het om dit saam hul kinders te kan geniet. Die boë en pyle is standaard dwarsdeur die bank vir almal, so niemand word bevoordeel deur beter of duurder toerusting nie.”

Die afgelope naweek was die NASP se nasionale toernooi waar 10 provinsies teen mekaar deelgeneem het, virtueel as gevolg van Covid-19, met plus minus 850 skuts.

Skole soos Hoërskool Generaal Hertzog, Hoër Tegniese Skool Witbank, Hoërskool Patriot, Cambridge Academy, Laerskool Krielpark en Hoërskool Hoogenhout het Mpumalanga verteenwoordig en baie goed gevaar. WITBANK NUUS het meer oor die voordele van hierdie sportsoort uitgevra en Ryk het mooi verduidelik hoekom boogskiet ’n goeie keuse van sport is.

Die vyf skuts uit ons midde is gekies om deel te neem aan die NASP SA’s: Nicoleen Cawood, Marla Maree, Owen Trachsel, Yuvna Singh en Ryk Gagiano.

“Boogskiet is fantasties vir kinders omdat dit hul leer fokus, selfrespek, uithouvermoë, en dit bou hul selfvertroue. Enige iemand van die ouderdom van 10 tot 100 kan deelneem, selfs mense met fisiese gebreke.”

Die Afrika Spele word in Desember 2021 gehou waar die vyf skuts gaan deelneem teen vyf ander Afrika lande.

“My goue raad aan al die opkomende skuts en die wat al sover gekom het, is dat jy altyd met selfvertroue die kompetisie aanvat en dat voorbereiding alleen jou die selfvertroue laat kweek,” het Ryk ten slotte gesê.

Vir enige inligting oor afrigting, oefening of om deel van die program te raak, kan Ryk gerus geskakel word by 082 323 3707. ʼn Paar lekker feite oor die sport – Boogskiet:

  • Verlig spanning
  • Verbeter psigomotoriese funksies
  • Verbeter konsentrasie
  • Verbeter selfdissipline
  • Verbeter selfbeeld
  • Maak voorsiening vir fisiese aktiwiteit

Die Afrika Spele word in Desember 2021 en word enige borge of donasies hartlik verwelkom om eMalahleni weer op die kaart te sit met ons midde se skuts uitblinkers. Borge en donasies kan aan die volgende gestuur word: 

  • Account holder: NASP SA 
  • Bank: Standard Bank
  • Branch: Centurion -12645
  • Account number: 271532866 – Current account
  • Reference: Africa Ch / Ryk Gagiano

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

 
Back to top button