Local newsNewsBreaking News

‘n Groot boom het geval

Die baie bekende oud-brandweerhoof is vanmiddag oorlede.

Oud-brandweerhoof mnr. Stoffel Steyn is nog een van die koronavirus se slagoffers.

Steyn is vanmiddag in Life Cosmos Hospital oorlede.

Die bekende brandweerhoof het 45 jaar diens in die brandweer gehad.

Onder sy bekwame hande het drie brandweerstasies gegroei tot bakens in hul gemeenskap.

Styen het in 2014 afgetree.

Die Steyn-familie bedank almal vir hul gebede, oproepe en boodskappe.

“Ons wil graag vir sr. Henriette Harris, sr. Annelie Strydom, die intensiewesorgeenheid van Life Cosmos Hospital asook vir Legacy Emergency Medical Services bedank vir al hulle bystand en gereelde terugvoer,” het mnr. Stoffel Steyn jnr. gesê .

Hy was baie geliefd by die hele gemeenskap, soos dit duidelik blyk uit die reaksie op ’n inskrywing oor sy dood op Facebook.

“Hy het ‘n geweldige positiewe rol in die gemeenskap gespeel en was baie gelief. Ons bid vir sy naasbestaandes en familie,” is deur almal wat hom geken het, gesê.

Deel jou nuuswenke met ons via: 

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op:

Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button