Local newsNewsSchools

HGH vat sosiale media planke toe

Op die planke-kompetisies vind plaas op 23 Augustus en die ATKV Tienertoneel Streeksfees vind plaas op 25 Augustus.

Hoërskool Generaal Hertzog (HGH) se toneel Vuis Duim Liefde neem deel aan die Op die Planke-kompetisie, sowel as die ATKV Tienertoneel-kompetisie.

Op die planke-kompetisies vind plaas op 23 Augustus. Die ATKV Tienertoneel Streeksfees vind plaas op 25 Augustus.

Van links (agter): Dehan Drury, Mark Dyer, Wilna Chatterton, Jonathan Poczik, Karla Janse van Rensburg, Schalk Nieuwenhuis; (voor) me. Christelle Nell, mnr. P.G. Krüger, Juandré de Jager, Nicole Grainger en Gideon du Plessis.

Die teks se hooftema is die effek van sosiale media op tieners en die doel daarmee is om bewustheid te skep by die jeug van vandag sodat hulle kan sien dat sosiale media ‘n baie groter effek het as wat hulle besef.

“As gevolg van Covid-19 is daar ongelukkig geen toeskouers nie, en ons hoop om een dag die toneel voor baie mense op te voer sodat baie mense bewus gemaak kan word van wat aangaan,” het mnr. PG Krüger van HGH gesê.

Van links (agter): Wilna Chatterton, Jonathan Poczik, Karla Janse van Rensburg, Schalk Nieuwenhuis; (voor) Juandré de Jager, mnr. P.G. Krüger en Gideon du Plessis.
Lees meer: 

HGH se boogskuts skitter

VIDEO: HGH maak hulle stemme dik op die kassie

HGH domineer die danswêreld in eMalahleni

Deel jou nuuswenke met ons:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

E-pos: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons ook op:

Instagram, Twitter, Witbank News App, Facebook page, Witbank News Breaking

Back to top button