Die Hoër Tegniese Skool is toe tot volgende week.
Die LUR van Onderwys, mnr. Bonakele Majuba het gesê hy is baie ontsteld oor die gebeure by die skool vanoggend.
Majuba het gesê klasse sal eers Maandag 21 Junie hervat word.
Volgens inligting ontvang sal ’n vergadering Donderdag, 17 Junie deur die departement by die skool gehou word. ’n Groep afgevaardigdes van betrokke partye is aangestel om ook die vergadering by te woon.
Ouers van die leerders wat betrokke was by die geveg wat tot die ontwrigting by die skool gelei het, gaan na wat verneem word môre ook met die departement vergader.
Die departement sal later aanbevelings maak oor hoe die beweringe van rassisme hanteer moet word.
Lees meer
https://www.citizen.co.za/witbank-news/175639/vuiste-klap-by-plaaslike-hoerskool
Deel jou nuuswenke met ons
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: