Local newsNews

‘Here hou ons kinders veilig’

Eksamen gaan more voort soos beplan by die Hoër Tegniese Skool.

Eksamen gaan more voort soos beplan by die Hoër Tegniese Skool.

Mnr. Tius Cronje, voorsitter van die skool se beheerliggaam het gesê die polisie sal môre by die skool wees.

“Ons het ons huidige sekuriteit ook opgeskerp,” het Cronje gesê.

Cronje het gevra dat leerders nie buite die skoolterrein moet rondstaan nie.

“Ouers moet hulle kinders so spoedig as moontlik by die skool optel as hulle klaar eksamen geskryf het.”

“Net ouers en leerders sal in die skool se onmiddellike gebied toegelaat word,” het kapt. Eddie Hall polisiewoordvoerder bevestig.

’n Groep ouers het vanmiddag buite die skool gebid.

“My hart breek as ek hoor wat by ons skole aangaan. Dit is tyd dat ons opstaan en ons skole gaan toemaak onder gebed,” het pastoor Deon Scheepers van die AGS Oasis gesê.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

 

Back to top button