Local newsNews

Opgewonde galop by Zalala oor nuwe idees

Danell van Rooyen, Natalie Hiscock en Zelmarie Niemann Zalala Equestrian Centre het ’n perdry kliniek by Nottinghill Equestrian Centre in Witrivier bygewoon.

Daar is iets aan die buitekant van ʼn perd wat goed is vir die binnekant van ʼn man ‒ Sir Winston Churchill.

Churchill se woorde eggo deur die stalle by Zalala Equestrian Centre waar die perde vroegoggend reeds geroskam word.

Daar is ’n opgewondenheid in die lug oor al die nuwe inligting wat tydens ’n onlangse perdry-kliniek ingeneem is.

Drie lede, Danell van Rooyen, Natalie Hiscock en Zelmarie Niemann van die nuwe ryskool het die kliniek by Nottinghill Equestrian Centre in Witrivier vanaf 24 tot 27 April bygewoon. Die kliniek is deur die legendariese Kraai Kamffer aangebied.

“Dit was onvertelbaar lekker en die inligting wat ons ontvang het gaan ons weer terugploeg in ons eie ruiters om die riglyne reeds vroeg reg te lê,” het Danell opgewonde vertel.

Danell is die hoofafrigter by Zalala Equestrian Centre en Natalie is die assistent-afrigter.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

Back to top button