Local newsNews

AfriForum slaggereed vir 2021

AfriForum het ’n hele lys vol projekte wat hulle die jaar wil aanpak.

 

AfriForum Witbank is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê.

Die burgerregtewaghond het reeds ’n hele lys vol projekte wat hulle die jaar wil aanpak.

Dit sluit onder andere die vul van slaggate, vervang van stoptekens en verf van stropstrate in.

Hulle hou ook die watersituasie in die munisipaliteit met ’n valkoog dop en is bekend vir hulle groen- en bloudruppelverslae wat jaarliks verskyn.

AfriForum het die #SkoonWater-inisiatief in Februarie 2013 geloods.

Hierdie jaarlikse verslag word saamgestel met die doel om aan die publiek betroubare inligting te bied aangaande die gehalte van Suid-Afrika se drink- en rioolwater.

Dié projek streef na positiewe verandering in die bestuur van drinkwater en verwerkte rioolwater oor die hele Suid-Afrika heen, asook om betrokke amptenare verantwoordbaar te hou.

AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekendes en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

Mnr. Johan Swanepoel is die voorsitter van die plaaslike tak. Die finansiële kant word deur mnr. Leon Viviers behartig.

As jy deel van AfriForum wil word, besoek gerus hulle webtuiste op www.afriforum.co.za.

Mnr. Leon Viviers.
Mnr. Willie van Dyk.

 

LEES MEER:

AfriForum’s Witbank branch performs maintenance in eMalahleni

https://www.citizen.co.za/witbank-news/159829/afriforums-witbank-branch-performs-maintenance/

AfriForum se Hoëveld-takke ontvang handreiniger en gesigmaskers

https://www.citizen.co.za/witbank-news/157011/afriforum-se-hoeveld-takke-ontvang-handreiniger-en-gesigmaskers/

AfriForum se #OnsDorp-veldtog beveilig OR Tambostraat

https://www.citizen.co.za/witbank-news/117174/afriforum-se-onsdorp-veldtog-beveilig-tambostraat/

 

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button