CrimeNewsUpdate

Kriel-mesdood – saak uitgestel tot Desember

Die materiaal wys ook hoe Fourie en die ander bestuurder daarna handskud

Die hofsaak waar drie mans verdink word van die moord op Johan Fourie verlede jaar, is weer uitgestel.

Die drie verdagtes het op 27 Augustus in Kriel Landdroshof verskyn.

Die landdros was genoodsaak om die saak uit te stel tot 3 Desember omdat hulle regsverteenwoordiger nog nie gereed was om aan te gaan met die saak nie.

Fourie het op 1 Mei 2019 omstreeks 23:30 by ’n geriefswinkel by ’n plaaslike garage gestop om iets te koop. Videomateriaal wys ’n onderonsie tussen Fourie en nog ’n bestuurder wat voor hom gestop het.

Die materiaal wys ook hoe Fourie en die ander bestuurder daarna handskud.

Dan stop ’n wit Volkswagen Polo op die toneel en dinge neem ’n drastiese wending.

Mnr. David Mokoena wat saam met Fourie gewerk het, het gesien hoe die mans in die Polo stop, uitklim en met Fourie begin baklei.

Hy het probeer om sy vriend te beskerm deur oor hom te buk.

Mokoena is sewe keer raak gesteek tydens die voorval.

Fourie is tydens die bakleiery noodlottig gewond.

“Om te rou is pynlik. Dit mergel jou uit en dit hou net aan en aan. Jy moet hard werk om die finaliteit van jou kind se dood te aanvaar. Die onthou is soos yswater wat jou hele wese oorspoel. Toe ek my seun se lewelose oë in die donkerte sien instaar, het die rou angskreet soos ’n handgranaat in my siel en kop ontplof,” het me. Santie Radley, Fourie se ma gesê.

“As ek sonder ophou van my pragtige seun praat, wees net geduldig met my asseblief,” het sy gepleit.

Mnr. Johan Kloppers van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid (Suidstreek) het die laaste hofsaak bygewoon.

Hy het genoem dat hy op ’n later stadium oor die saak sal uitbrei.

Fourie-mesdood – verdagtes verskyn in Junie

Fourie moord – Drie uit op borg

Mesdood-saak uitgestel tot Februarie

Back to top button