Local newsNewsUpdate

Hartseer afskeid na tragedie

“Happy birthday my beertjie,” die trane het van Jandré Bezuidenhout se wange afgestroom toe hy dié vier woorde gesê het.

Sy seuntjie Zylan sou Maandag 26 Mei twee jaar oud geword het. In plaas van opgewondenheid en uitsien na die blondekoppie se verjaarsdag is die gesin in rou gedompel.

Zylan en sy ma, Michelle Oosthuizen (18) is Sondag 18 Mei dood nadat die woonstel waarin hulle gebly het aan die brand geraak het. Die lykskouing het bepaal dat hulle dood is aan rook-inaseming.

’n Roudiens vir Michelle en Zylan het Donderdag 29 Mei by die Methodiste Kerk plaasgevind.
Zylan se ouma, me. Monica Mostert het gesê sy het nie eers kans gekry het om te groet nie, haar dogter en kleinseun is té vinnig uit hul lewens geruk.

Me. Monica Mostert en mnr. Gerhard Oosthuizen dra hul dogter, Michelle, se kis.
Me. Monica Mostert en mnr. Gerhard Oosthuizen dra hul dogter, Michelle, se kis.

“Dis nog so onwerklik. My klein Biscuit ek glo Jesus gaan jou lekker bederf op jou verjaarsdag. Ouma mis jou en mamma so baie,” het sy gesê.

Vir Jandré gaan dit net so ’n lang pad van genesing wees.
“Ek hoor Zylan lag. As ek in die aande aan die slaap probeer raak sien ek sy blou oë voor my en dit voel verkeerd, want ek het hom nog nie nag gesê nie. As ek nog net een kans kon kry sou ek vir Michelle sê hoe bitter baie lief ek haar het. Miskien hoor sy my as ek dit oor en oor fluister, ek is lief vir jou Michelle, kyk mooi na ons beertjie…”

*’n Forensiese span van die polisie in Pretoria het die woonstel waarin die tragedie plaasgevind het van hoek en kant deursoek vir leidrade wat sal wys hoe die brand ontstaan het.  Die uitslag is nog nie bekend nie.

One Comment

  1. As I vreind gan ekka baaie vir “chella” en “poepies” mis. En so kom I mens agter hoe kort die lewe werklik is. Zaylan en michelle ons gan julle 2 engele baaie mis. Maar ons weet verseker dat julle tweetjies nou in God se hande is.ons dink elka dag aan julle .miss you alot

Back to top button