Local newsMunicipalNews

Riool steek steeds sy stinkende kop uit

Mangate oorstroom, die suiwer riool loop tot in stroompies wat dan in die Olifantsrivier opeindig, dan in Loskopdam en so vernietig dit ons dierelewe

Die stinkende rioolmonster is steeds in ons midde, ongeag waar jy kyk.

Mangate oorstroom, die suiwer riool loop tot in stroompies wat dan in die Olifantsrivier opeindig, dan in Loskopdam en so vernietig dit ons dierelewe.

Om nie van die hiasinte te praat wat so floreer as gevolg van die riool nie.

In OR Tambostraat, net voor die R555 se interseksie, is ’n mangat wat al vir ’n paar dae oorloop.

Die besighede in die area kan die stank nie meer verdra nie en dis reeds telke male gerapporteer, maar die stadsraad het tot dusver niks aan die probleem gedoen nie.

In ’n veld in Prinsbergstraat is daar ook ’n mangat wat al vir maande lank ’n probleem is.

Hier loop die riool tot in die Olifantsrivier, maar die stadsraad het kontrakteurs na die veld ontbied om die probleem uit te sorteer.

Back to top button