Local newsNews

Padwoede-aanval – Potgieter steeds op ventilator

Hulle is op R10 000 elk borg vrygelaat

Mnr. Willem Potgieter is nog steeds aan ’n ventilator gekoppel na die padwoede-aanval waarin hy ernstig beseer is.

Potgieter se vrou, me. Santie Potgieter het gesê Potgieter het Dinsdag 30 Julie koors en infeksie in sy longe gehad.

“Dit gaan elke dag ’n bietjie beter. Willem reageer op my stem,” het sy gesê.

Die Potgieters was Saterdag 20 Julie omstreeks 21:15 op pad terug huis toe in Tasbetpark nadat hulle gaan uiteet het by ’n plaaslike restaurant, toe hulle deur ’n groep mans aangeval was.

Hanno Bierman (30), Pieter de Beer (29) en Hannes Viljoen (28) het Dinsdag 23 Julie in Witbank Landdroshof verskyn op ’n klag van poging tot moord wat teen hulle ondersoek word.

Hulle is op R10 000 elk borg vrygelaat.

Die saak is uitgestel tot 1 Oktober in Witbank Landdroshof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button