InternationalSport

Skuts se visier is in

Afstande wat geskiet was het gewissel van 300 meter tot 1 000 meter.

Geweerskote het dié naweek buite Ga-Nala weerklink.

Dit was darem nie oorlog nie, maar ’n Gong-skietkompetisie wat Saterdag 11 Mei deur die Hoëveld Jagtersvereniging by die ou Blesboklaagte Kommando skietbaan, net buite die dorp, aangebied is.

Belangstelling was groot en heelwat skuts het ingeskryf vir die strawwe kompetisie.

Marius Knoetsen.

Afstande wat geskiet was het gewissel van 300 meter tot 1 000 meter.

Skuts het vanaf Malelane tot Johannesburg gekom vir die groot uitdaging.

Eddie Crouse is aangewys as die wenner en het ’n kontantprys van R8 000 ontvang.

In die tweede plek was Marius Knoetsen wat R5 000 gewen het en in die derde plek was Niel Venter wat R2 000 gewen het.

Hou Hoëveld Jagters se Facebook-blad dop vir foto’s van dié heerlike dag en verdere byeenkomste vir die res van die jaar.

Niel Venter.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button