Local newsNews

Kersfees vir Huis Betsie Louw

Inwoners van Huis Betsie Louw is bekend in ons stad. Die feit dat hulle soms nie ’n lekker Kersfees het nie is wel ’n realiteit.

Inwoners van Huis Betsie Louw is bekend in ons stad. Die feit dat hulle soms nie ’n lekker Kersfees het nie is wel ’n realiteit.

Op Saterdag, 1 Desember het engele besluit om dié inwoners baie spesiaal te laat voel. Hulle is bederf met geskenke, worsbroodjies, lekker yskoue koeldranke, skyfies en vele meer. Die inwoners het natuurlik hul gaste op hul hande gedra en het die dag vreeslik geniet.


Die inwoners van Huis Betsie Louw.

Hulle het saam op die maat van musiek gedans, gelag en gesels.

Clarise Smit het gesê:

“Die dag het gegaan oor om vir inwoners ’n Kersdag te hou wat hulle nooit kry nie. Ek het in 2017 net ’n geskenkie met ’n pakkie lekkers en koeldrank vir die ses inwoners gegee wat agtergebly en nie huis toe gegaan het nie. Dié jaar het ek egter besluit om vir elkeen ’n geskenk te gee en ’n worsbroodjie te maak.”


Marius Taljaard (kersvader) en Robert Tiberi.

Sy het bygevoeg dat alles klein begin het tot Double Impack aan boord gekom en dit soos ’n bom was wat ontplof het.

“Die gelukkigste wat ek kon wees is om die inwoners van Huis Betsie Louw gelukkig te kon sien toe hulle die geskenk van kersvader ontvang het,” het Clarise bygevoeg.

“Die dag was net vir ons ‘familie’ in ons buurt. Na ’n lekker ete, geskenk en musiek was hulle so gelukkig. Die mensies het vir altyd in my hart geklim.”

Sy het elkeen bedank vir hul bydrae aan die inwoners.


Hier is (van links, agter): Clarise Smit, Priscilla Bouilon, Petro en Blackie Swart, Micheal en Joann van der Berg; (voor): Zelda Smit, Linda Vorster, Dewald, Raynard en Loretta Turpin. Afwesig: Neil Turpin, Sarisha Hassan en Kobus Smit.

Die borge was: Prestige, Solidariteit Helpende Hand, Lekker Bekkie Tuisnywerheid, Linda Vorster, Kobus en Zelda Smit, Phkisa Holdings, D&B Lineboring, Clicks Witbank, Toptalent Recruitment en Traler Trend Witbank.

“’n Dankie aan ons Hemelse Vader wat vir ons die geleentheid gegee het om dit te kan doen. Volgende jaar doen ons dit weer,” het sy afgesluit.

Back to top button