CrimeNews

Petrolstasie-rooftogte vlam weer op

Die een verdagte het agter die kasregister ingeloop en vir die kassier gevra vir sigarette.

Vir meer as twee maande het die rooftogte by petrolstasies kalmeer na een van die verdagte bendelede doodgeskiet is.

Op 3 Maart het ’n nuwe bende hul verskyning gemaak by ’n petrolstasie in Uitbreiding 8.

Leader of the pack robbed one too many

Die keer het ses swaar gewapende mans toegesak op die stasie.

Volgens die twee kassiere op diens het vier mans in die winkeltjie ingestap, vyf minute voor hul die deure sou sluit vir die aand.

Die een verdagte het agter die kasregister ingeloop en vir die kassier gevra vir sigarette toe daar ’n ander verdagte haar van die anderkant gevra het vir die geld in die kasregister.

Five businesses robbed within four days

“Die mans was agressief. Nadat hulle die kontant en sigarette gevat het, het hulle aangedring op die kassiere en petroljoggies se selfone. Toe die een kassier weier om haar foon te gee, het een van die mans haar in die ribbes geskop. Dis toe nog twee verdagtes in die winkel ingekom het saam die petroljoggies,” het die bestuurder gesê.

Daar was glo een verdagte wat met ’n R1 geweer ingestap het en die res het handwapens gehad.

Die verdagtes het in ’n swart voertuig gevlug. Die maak van die voertuig is ongelukkig nie bekend nie.

Check Also
Close
Back to top button