CrimeNews

Nog suksesverhale vir SACCW

Mnr. Frik van Dyk, reaksielid van die South African Community Crime Watch (SACCW) is bekend in die gemeenskap vir sy heldedade om onder andere, vermeende rowers vas te trek.

Mnr. Frik van Dyk, reaksielid van die South African Community Crime Watch (SACCW) is bekend in die gemeenskap vir sy heldedade om onder andere, vermeende rowers vas te trek.


Die man met ’n sekuriteitshek op sy kop het verdag voorgekom. (Foto: SACCW).

Op Donderdag 15 Februarie het hy weereens twee mense gevang wat vermoedelik gesteel het.

Hy het in OR Tambostraat gery toe hy ’n man gewaar met ’n sekuriteitshek op sy kop loop. Hy is ook bewus van die leë huis in Louisestraat wat sedert Desember geplunder word. Hy het die voorval op die SACCW se kanaal ingeroep en ’n ander lid, mnr. JP Moore het na die huis in Louisestraat gery.

LEES OOK

SACCW fights all crime

SACCW doen dit weer

Kaptein Tsidi Mamarega is gekontak en die hek is terug na bogenoemde huis gekoppel, waarna die man gearresteer is.

Me. Maureen Scheepers, ook van die SACCW, het gesê dat hulle baie probleme het met hierdie huis en dat daar al meer as een keer dwelm- en plunderprobleme aangemeld is.

“Dit is ’n groot probleem en leë huise is ’n groot trekpleister vir onwettige aktiwiteite.”
Van Dyk het nog ’n man in Hoëveldpark aangekeer wat glo juwele gesteel het.

’n Inwoner van Ridgelaan het onraad vermoed toe sy by haar huis aangekom en gesien het dat dat een van die huisvensters uitgehaal is.


Die verdagte is met gesteelde items in sy besit gevind op Donderdag 15 Februarie.

Mnr. David Wessels van SACCW het die ander lede laat weet en Van Dyk het in die area patrolleer toe hy ’n man oor ’n pallisade sien klim in Panoramastraat. Net daarna het nog ’n oproep ingekom van ’n huis in Ringstraat waar daar ook ingebreek is, maar Van Dyk kon nie bevestig of iets hier gesteel is nie. Dit is vermoedelik dieselfde man wat by beide huise ingebreek het.

Die polisie het die man deursoek en hom polisiestasie toe geneem nadat bogenoemde juwele in sy besit gevind is. Die huiseienaar het ook bevestig dat dit haar juwele in die man se besit is.


’n Verdagte vasgetrek op Donderdag 15 Februarie in Hoëveldpark.

Die verdagte het op 16 Februarie in die hof verskyn en die saak was uitgestel tot 23 Februarie.

Verdere ondersoek word deur die polisie gedoen in verband met die saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button