CrimeNews

Klipgooiers moontlik kapers

Mnr. James Kraft se Opel Monza het erge skade opgedoen nadat dit deur klipgooiers bygedam is.

Mnr. James Kraft se Opel Monza het erge skade opgedoen nadat dit deur klipgooiers bygedam is.

Hy het vertel hoe hy op Maandag 5 Februarie op pad terug eMalahleni toe was vanaf Ferrobank op die N4-snelweg.


Mnr. James Kraft se voertuig wat onder klipgooiers deurgeloop het op Maandag 5 Februarie (foto: verskaf).

“Ongeveer 700 meter voor die voetbrug het iemand ’n klip of voorwerp na my voertuig geslinger. Die linker agterruit by die deur het in die slag gebly. Ek dink die doel hiervan is ’n poging om mense te kaap,” het Kraft Dinsdag 6 Februarie gesê.

Hy het bygevoeg dat hy nie gestop het nie en net aanhou ry het. Dit het ongeveer 09:20 die oggend plaasgevind.


Mnr. James Kraft se voertuig nadat klipgooiers dit bygedam het op Maandag 5 Febraurie (foto: verskaf).

Sondagoggend, ongeveer 01:00 het ’n Hyundai I10 ook in die slag gebly naby KG Mall. Mnr. Christiaan Vrei het vertel hoe ’n groot klip teen sy voertuig se windskerm vasgegooi is, nadat hy ongeveer 10 kilometer op die snelweg gery het.

LEES OOK

Klip deur voorruit veroorsaak glo ongeluk

Dit reën klippe op die snelweg

“Ek was op pad terug na eMalahleni was vanaf Kempton Park. Die klip is nie van die brug af gegooi nie. Iemand moes langs die pad gestaan het, ek was alleen op die pad gewees. Aangesien daar padwerke is het ek stadiger gery en die klip het van die regterkant gekom,” het hy Dinsdag 6 Februarie vertel.

“Die klip het gelukkig die windskerm en stuurwiel getref, ek het niks oorgekom nie. Net ’n paar snye soos die glas my gesny het. Ek het net aanhou ry.”


’n Ander voertuig het Sondagaand, 4 Februarie onder klipgooiers deurgeloop (foto: verskaf).

Vrei het ook gesê dat hierdie ’n vermoedelike poging was om hom te kaap, maar hy het nie langs die pad gestop nie. Geen ernstige beserings is in beide voorvalle opgedoen nie.

WITBANK NUUS het verlede jaar menige kere berig oor ’n klippe wat teen voertuie se windskerms gegooi is, ook op die N4- snelweg. Niemand in die voorvalle was ernstig beseer nie.

Back to top button