News

SACCW doen dit weer

In sy besit is onder andere ’n speelding, drukwasser en skoene gevind.

Lede van die SACCW (South African Community Crime Watch) het nòg ’n man wat verdink word van diefstal, in sy spore gestop. Die verdagte het op Dinsdag 9 Januarie by ’n huis in Steenkampstraat probeer inbreek.

Me. Maureen Scheepers van die SACCW het Woensdagoggend gesê dat die oproep op hul oop kanaal ingekom het, waar die eienaar van die huis se suster ingeroep en gesê het dat iemand besig is om daar in te breek.

Items wat die verdagte op Dinsdag 9 Januarie glo in Steenkampstraat gesteel het. (Foto: SACCW).

“Ons vermoed dat die verdagte by meer as een huis daardie aand toegeslaan het, want nie al die goed in sy besit was van bogenoemde huis nie. Ek het vir Flip Opperman geskakel. Hy is die sektor voorsitter van Del Judor ‘The Block’ en hy saam met paar van ons reaksielede het uitgegaan,” het Scheepers gesê.

Sy het bygevoeg dat Frik van Dyk, een van die SACCW se reaksielede, ook daar was en hulle vir ongeveer ’n uur gepatrolleer het opsoek na die verdagte.

“Almal het afgestaan en Van Dyk het ’n laaste draai gery waar hy die verdagte by ’n nabygeleë besigheid betrap het. Ek het almal weer geroep en die man het na OR Tambostraat se kant gehardloop, waar hy by die Mercedes motorhandelaar vasgetrek is. Ek het die polisie na die toneel ontbied waar die man in hegtenis geneem is,” het Scheepers gesê.

’n Man wat verdink word van diefstal is op Dinsdag 9 Januarie in Steenkampstraat vasgetrek met beweerde gesteelde items in sy besit (foto: SACCW).

Sy het bygevoeg dat die vermoede bestaan dat die verdagte van erf na erf gegaan het en items gesteel het.

In sy besit is onder andere ’n speelding, drukwasser en skoene gevind.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/104507/suspect-caught-heide-street/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/103376/saccw-caught-another-suspect/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button