CrimeNews

Tyd om oop oë te slaap met jou karsleutels

Die inwoners van eMalahleni is moeg vir die aanhoudende misdaad wat plaasvind.

Die inwoners van eMalahleni is moeg vir die aanhoudende misdaad wat plaasvind.

Die afgelope week het talle inwoners diefstal klagtes gaan lê by Witbank Polisiestasie onder andere mr. Dirk Slabbert wat sy voertuig kwyt is na hy sy kleinkinders ontmoet het vir ontbyt op 30 September by ’n winkelsentrum in Klipfontein.

“Ek is nie van eMalahleni nie en is eintlik afkomstig van Roodepoort, maar my kleinkinders bly hier. Ek en my vrou het Sondag vir die dag deurgekom vir ’n vinnige kuiertjie, maar nie gedink ons gaan vir so lank bly op die ou einde nie,” het Slabbert gesê.

Na hulle familie-ontbyt het die klomp uitgestap na hulle voertuie toe, maar Slabbert se voertuig was skoonveld.

“Ek is ouerig en het eerste gedink ek is net deurmekaar met waar ek parkeer het. My kleindogter het my toe kom inlig dat die voertuig regtig weg is,” het hy vertel.

Die voertuig is nog nie gevind nie.

In ’n ander voorval het ’n inwoner op 29 September gereed gemaak vir ’n vroeë Vrydagaand en glo net na 22:00 in die bed gaan klim. Die oggend toe die slagoffer wakker word en na sy selfoon soek, was die foon net weg. Na verdere ondersoek het die slagoffer besef hy is deur die nag besteel van sy selfoon, karsleutels en voertuig. Dit is nie bekend hoe die verdagtes toegang verkry het tot die slagoffer se huis sonder dat hy ’n geluid gehoor het nie.

Op die oggend van Sondag 30 September is daar nog ’n inwoner karloos gelaat toe hy glo na ’n gesellige aand uit saam vriende, wakker word in sy huis maar geen karsleutels nie. Daar word beweer dat die slagoffer saam twee onbekende dames na sy huis toe is na Saterdagaand se feesviering saam vriende. Toe hul by sy huis aankom het die dames glo vir hom kos gemaak waarna hy na ete gaan slaap het. Hy het die volgende oggend besef sy voertuig is weg en dat die dames nêrens te vind was nie.

“Voertuigdiefstal is alewig besig om te styg en affekteer so baie inwoners, dus stel ons voor dat inwoners deel moet raak van hul buurtwagte sodat daar meer ore en oë om jou as inwoner is,” het me. Maureen Scheepers van South African Community Crime Watch (SACCW) gesê.

Inwoners word gemaan om deel te word van hulle nood ‘zello’ kanaal.

https://zello.com/SACCW

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/75707/diefstal-uit-motorvoertuig-is-die-nuwe-in-ding/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/100337/toename-in-voertuigdiefstal/

Back to top button