New ModelsOpinionsPrimary SchoolSport

So werk Rhinoweek se wedstrydbepalings

Rhinoweke tref die Vaaldriehoek vandeesmaand met 'n knal

VANDERBIJLPARK. – Die Rhino Streeksweek wat verlede lede week op die VUT Isak Steyl-stadion plaasgevind het, het rugby uit die boonste rakke opgelewer.

Soos met enige week van die aard is daar ook dinge wat soms skeefloop. Weens ongelukkigheid oor bepalings het die Rhinoweek se bestuur by monde van Dries van Heerden ‘n verklaring uitgereik om enige onduidelikheid uit te klaar.

Hiernaas volg die verklaring: 

Die Rhinoweek se doel is om vir spelers geleenthede te gee om deel te neem te neem aan die sport waarvoor hulle lief is. Gradering van spanne was nog nooit gebaseer op Logs of bonuspunte nie. As jy die stelsel wil gebruik moet almal teen almal speel.

Ons gebruik die selfde basis wat by die Cravenweek gebruik word nl om spanne te gradeer na aanleiding van die opponente waar teen hulle speel.

Daar is n baie bekwame paneel wat die bepalings vir die volgende dag doen. Twee van die 3 paneellede was baie jare op die bepalings komitee van die Cravenweek.

Hulle het geen belang by enige span nie. Ongelukkig kan mens nie almal tevrede stel nie. Gelukkig is 95% van die deelnemers baie teverde met Rhinoweek 2024.

 

 

 

 
Back to top button