SportSportSportSport

Dokkies se o.15’s kraai koning

Harde werk in die nette word beloon

MEYERTON – Die HS Dr. Malan se o.15-krieketspan is die Vaaldriehoekkampioen nadat hy Overvaal met 7 paaltjies in die eindstryd geklop het.

Overvaal het eerste gekolf en is vir 160/10 in die 35ste beurt uitgeboul danksy ‘n puik boulskof deur Ruben Muller wat 6/27 in nege beurte laat kantel het.

Die Dokkies het daarna 161/3 in 40 beurte aangeteken danksy goeie bydraes met die kolf deur Jacques Oosthuizen (41), Sebastiaan Meyer (27), Muller (43) en Giangi Morrico
(24).

Muller is welverdiend as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button