Schutte slaan aanval in stukke

Krieketgode gllimlag vir studentespan

VANDERBIJLPARK – ‘n Spog honderdtal deur Darius Schutte (113) was die onderbou waarop NWU Vaal sy sege in die Gauteng Klubliga met 83 lopies oor Marks Parks Thistles SU1 gebou het.

Die kragmeting wat op die NWU Vaal Oval plaasgevind het, was ‘n lopiesfees met Meyer Pretorius (78) wat ook by die maal aangesit het. Schutte wat as die Speler van die Wedstryd aangewys is, se puik honderdtal het 18 grenshoue (17×4 en 1×6) ingesluit. Die tuisspan het 271/9 in 38.3 beurte aangeteken met Sajad Khan (3/30), Fayaz Khan (2/38) en Wajid Khan (2/26) wat goed gedoen het om die paaltjies rondom Meyer en Schutte te laat kantel.

Die besoekers het hul beurt belowend begin met Sayfullah Khan (21) en Imran Khan (39) wat die glans van die bal afgehaal het. Hoewel die middelorde ‘n insinking beleef het, het die stertkantkolwer Mahmood Khan (41) die besoekers van ‘n groter nederlaag gered, maar hul beurt is op 118/10 tot stilstand gebring.

Die tuisspan se boulers wat die krane toegedraai het, was Schutte (2/37), Devon Da-Silva (2/7) en Kriegler Botha (2/14) wat die besoekers vir elke lopie laat swoeg en sweet het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version