VANDERBIJLPARK. – Orlando Pirates se naasbestes (reserves) het Saterdag, 21 September op die Isak Steyl-stadion ‘n naelbytsege van 1-0 oor Sekhukhune United in hul DStv Diski Challenge-kragmeting by die Isak Steyl-stadion behaal.
Dié sege het dit twee oorwinnings in sy laaste twee wedstryde vir die Bucs se reserwes gemaak en hul plek op die punteleer verstewig,
Pirates het ‘n senuweeagtige begin gehad maar algaande beter begin speel. Die wenspan het danksy Siphamandla Msezane die voorsprong in die 24ste minuut geneem en daarin geslaag om aan die voorspong vir die res van die kragmeting vas te klou.