Marathon-kampioene in die Vaal gekroon

Nog 'n marathon agter die rug

VANDERBIJLPARK – Pule Sibeko (02:20:39 – Maxed Elite, KZN) en Galaletsang Mekgoe (2:58:31 – Nedbank Athletics Club) is verlede Sondagoggend op die Isak Steyl-stadion onderskeidelik as die vroue -en manskampioen van die Vaal River City Marathon gekroon.

Sowat 5 100 atlete het gesamentlik aan die 42.2km, 21.1km, 10km en 5km-wedloop deelgeneem. Mbuti Mollo (02:21:09) en Tebogo Segalagala (2:21:37) het die ander podiumplekke in die mans-afdeling beklee. In die marathon vir vroue het Charne Bosman (3:10:55 – Nedbank) en Rose Jijana (3:14:45 – ArcelorMittal) onderskeidelik tweede en derde geëindig.

Jijana, ‘n gebore en getoë Vaaldriehoeker en voormalige Banyana Banyana sokkerster, kon slegs ‘n derde plek lossdraf ongeag die feit dat sy die marathon vanjaar in ‘n vinniger tyd afgelê het.
Die top uitslae in die 21.1km-wedlope is: Mans: Simon Sibeko (1:06:20), Simon Mokonyama (1:08:23) en Tshepo Gavu (1:09:48).
Vroue: Cornelia Joubert (1:22:43) Mamosebetsi Khajoane (1:23:00) en Deanne Laubscher (1:23:37).
10km: Men: Admire Chiwambo (0:32:48), Pakiso Mthembu (0:33:12) en Montsi Matsabe (0:33:39).
Vroue: Gillian Farquharson (0:42:48), Anni-Mart du Plooy (0:47:56) en Glacia Moshitwa (0:51:21).

Aksie tydens die Vaal River City Marathon. Foto’s: Ettienen van Rensburg
Die einde is in sig
Snyman Prinsloo en nog ‘n atleet van Meyerton Atletiekklub met hulle medaljes.
Opdraende aksie tydens die Vaal River City Marathon. Foto’s: Ettienen van Rensburg
Een van die kleurvolle deelnemers.
Aksie tydens die Vaal River City Marathon. Foto’s: Ettienen van Rensburg
Tian Basson met sy seuntjie op die heup nadat hy aan die Vaal River City Marathon deelgeneem het.
Strike a pose!
Halfpadmerk!
Fiks genoeg om te kan glimlag.
‘n Atleer van Nedbank Atletiekklib in aksie tydens die Vaal River City Marathon. Foto’s: Ettienen van Rensburg
Die wenner van die vroue-marathon spring van geluk.
Daai glimlag lyk soos ‘n PB-tyd!
‘n Glimlag van verligting by die eindstryd.
Ke monate! Lekker watersakkie-lafenis.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version