Sport

SA se beste landlopers gekroon

Persoonlike beste tye spat soos mieliepitte

VANDERBIJLPARK – Meer as 4 100 atlete het vroeër vandeesmaand op die VUT Isak Steyl-stadion toegesak om aan die 2024 Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskap deel te neem.

Na wat verneem word het ‘n verdere 5 000 ouers, toeskouers en afrigters deur die hekke gestroom om die atlete te ondersteun.

In die hoofwedlope van die dag het Kabelo Mulaudzi en Cian Oldknow die nasionale senior 10km-titels ingepalm. Mulaudzi het sy SA-titel verdedig en in ‘n tyd van 28:01 die wenstreep oorgesteek.

Hy het ‘n verbete aanslag van Bennet Seloyi (28:21) afgeweer.

Chris Mhlanga (28:37) het derde geëindig in ‘n uiters mededingende wedloop wat deur Sentraal Gauteng oorheers is.

In die wedloop vir vroue het Oldknow in ‘n wentyd van 32:43 gewys waarom sy verlede maand aan die Olimpiese marathon in Parys deelgeneem het.

Die plaaslike langasem-koningin Selna van As (14:06) was die Vaaldriehoek se vaandeldraer en het tweede in die wedloop vir dogters o16 geëindig.

Sy was die enigste AVT-atleet wat ‘n podiumplek kon verwerf.

Die wenners oor die ander senior-afstande is: 4km-wedloop vir mans: Modupe Tladi (11:12), o23: Sibusiso Msibi (11:21) en 4kmwedloop vir vroue: Karabo More (12:58). o23: Nicola Jansen (13:24). 2km-wedloop vir mans: Boikanyo Motlhamme (5:37). 2km-wedloop vir vroue: Simonay Weitsz (6:35) 8km-wedloop vir o20 mans: Zenzile Pheko (23:13). 8km-wedloop vir o20 vroue: Gift Nkosi (20:56).

You can read the full story on our App. Download it here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za More »
Check Also
Close
Back to top button