VAALPARK – Keagan Frankiewicz het einde Augustus op die Vaalrivier die eerste ronde van die 2024/25 F1 Kragboot Kampioenskap by Abrahamsrust gewen.
Oud en jonk het op die oewer van die Vaalrivier saamgedrom om die brullende aksie op die water dop te hou.
Van GT15, F30 tot hardbottoms was in aksie. Dan nie eers gepraat van die groot menere, die F1-kragbote, wat op die water verbygeflits het nie. In die F1-afdeling het Keagan Frankiewicz koning gekraai gevolg deur Michael Wessels en Wynand de Jager.