NWU Vaal se Young Guns deur na eindstryd

Bekerglorie wink vir die NWU Vaal se o.21's

VANDERBIJLPARK. – Die Young Guns van NWU Vaal het verlede Saterdag op sy tuisveld in die halfeindronde van die Valke Peregrine-liga ‘n verbete aanslag van Springs afgeweer om met 19-13 koning te kraai. Die studentespan se o21’s kom eerskomende Saterdag in Brakpan teen Brakpan te staan.

Hy hoor die roepstem van die doellyn.
Staan opsy dié slot kom verby.
Kwagga Nel op die aanval.

 

Exit mobile version